Wat het jy nodig?

 

125g (½ pak) 30% Laer vet Spysverteringsbeskuitjies “Digestive light”
1 x ekstra groot eierwit geklits
2x Belinzona Organiese Rooibos tee sakkies
310ml Water
4 x 250g Lae vet gladde Maaskaas
175g Vanilla geur lae vet gladde Jogurt
2 x Ekstra groot of jumbo grootte eiers
2 x Ekstra groot of jumbo grootte geklitste eierwitte

50ml (2 eetl) Koekmeel
50ml (2 eetl) Jungle Hawersemels (Oat bran)
385g (1 blik) Kondensmelk
15ml Suurlemoensap
Knippie sout
15ml (3 tee) Gelatien
30ml (2 eetl) Suiwer Heuning

Metode

 

  1. Plaas 2 sakkies Rooibos tee in klein kastrol, vul met 310ml water en bring tot kookpunt. Roer die sakkies versigtig om  te geur. Verlaag die hitte en laat prut vir nog 5 min.  Skakel die plaat af en laat staan die Rooibostee sakkies in die warm water om af te koel terwyl die geur versterk.
  2. Voorverhit oond tot 160ºC en smeer ‘n ronde veerpan met ‘n deursnee van 23cm en diepte van 6cm liggies.
  3. Kap die beskuitjies in elektriese kapper fyn of plaas beskuitjies in ‘n plastiek sak en rol fyn met ‘n rolstok. Meng die beskuitjie krummels met die geklitste eierwit.  Versprei die beskuitjie mengsel in die veerpan en druk met die agterkant van ‘n lepel egalig op die bodem vas om die kors te vorm.
  4. Meng die gladde Maaskaas en Jogurt met ‘n lepel in ‘n mengbak en hou eenkant.
  5. Meng die Kondensmelk en suurlemoensap in ‘n aparte mengbak.
  6. Verwyder die Rooibostee sakkies van die Rooibos tee water.
  7. Meng 50ml van die afgekoelde sterk Rooibos tee water en die 2 eiers by die Kondensmelk mengsel met ‘n handklitser.
  8. Meng die Koekmeel, Hawersemels en sout by die Kondensmelk mengsel met die handklitser.
  9. Meng nou die Maaskaas mengsel by die Kondensmelk mengsel met ‘n lepel.
  10. Vou die geklitste eierwitte by die Maaskaas mengsel.
  11. Giet die Maaskaas mengsel in die voorbereide veerpan en plaas in die oond vir 30min. Skakel oond af.
  12. Laat staan die Kaaskoek in die oond (oond se deur klein bietjie oopgemaak) vir nog ‘n 30min. Verwyder die Kaaskoek uit die oond en plaas op ‘n afkoel rak tot heeltemal afgekoel.
  13. Verhit 125ml van die sterk Rooibostee water (nie tot kookpunt).
  14. Meng die heuning by die verhitte Rooibostee water.
  15. Meng die Gelatien by die verhitte Rooibostee en heuning totdat die gelatien opgelos is.
  16. Meng die oorblywende afgekoelde Rooibostee water by die 125ml Rooibos-Gelatien oplossing en plaas in yskas vir ±5-10 min om heeltemal af te koel en effens te stol (moet nog vloeibaar wees).
  17. Giet die gelatien mengsel versigtig bo-op die afgekoelde Kaaskoek.
  18. Plaas die Rooibos Kaaskoek in yskas vir ten minste 5 ure.

Notas:

  • Die vetinhoud van hierdie resep word verlaag deur Jogurt te gebruik i.p.v. room en deur die laer vet Spysverteringsbeskuitjies.
  • Hawersemels is ‘n oplosbare vesel wat help om die bloedsuiker te stabiliseer, dit vertraag die tempo waarteen voedsel verteer met die gevolg ‘n verbeterde vertering en opname van voedingstowwe.  Deur die byvoeging van Hawersemels word die GI verlaag wat lei tot ‘n meer volgehoue vrystelling van glukose.
  • Rooibostee is hoog aan anti-oksidante en laag aan tannien. Tanniene kan die opname van yster beïnvloed.  Antioksidante keer dat vrye radikale (gifstowwe) selle in die liggaam beskadig.
  • Belinzona Rooibos Kaaskoek resep met ‘n laer GI, lae koolhidraat, laer vet inhoud en goeie Rooibos anti-oksidate – ‘n gesonder Kaaskoek keuse vir die gesondheidsbewuste.
  • Dianda Snyman
    Registered Dietician RD(SA)

Please follow and like us:
Instagram